
=====================================================================
Huislike geletterdheidsonderrig (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Huislike geletterdheidsonderrig

HULLE klim 'n bietjie stram uit die twee Noord-Kaap busse. Die gesigte lyk valerig in die grys lig van die vroegoggend, maar die o straal 
warme ontvanklikheid. 'n Nag se reis van Upington na Kaapstad is agter die rug. Vroer het elkeen nog kilometers per motor afgel van hul 
kontrei -- Mier, Keimoes, Kenhardt, Grootdrink, Lambrechtsdrif, Marchand, Askham in die Kalahari en Groblershoop -- na Upington, waar 
Chrissie Jacobs die groep van twintig studieleiers vir geletterdheid byeengekry het vir die reis na die Huis der Nederlanden in Pinelands, 
Kaapstad.

Leerryke samesyn

Die studieleiers van Chrissie Jacobs (agter regs) se Upington Geletterdheidsprojek in die Huis der Nederlanden. Dr. Agnes Crafford (middel 
links) was die kursusleier. Haar vriendin Katie Olivier (voor links) het haar ondersteun. Voor regs sit Willem Eiman.

Die Huis der Nederlanden is die kultureel-opvoedkundige sentrum van die Stichting Huis der Nederlanden wat sonder winsoogmerk strewe na die 
bevordering van kennis van die Nederlandse taal en die Nederlandse en Vlaamse kultuur. 'n Spesifieke oogmerk van die Huis is verder om die 
verwantskap wat bestaan tussen Nederlands en di twee kulture enersyds en die taal en kultuur van Afrikaanssprekendes andersyds, uit te 
bou.

Die grondlegger van die Stichting Huis der Nederlanden is die Nederlands-Vlaamse Willem de Zwijgerstichting.   In die grondwet van die Huis 
het di stigting vasgel dat deurlopend aandag gegee sal word aan die ongeletterdes in Afrikaans. Die voorsitter van die Willem de 
Zwijgerstichting, dr. Maarten Cohen Stuart,   is as afgetrede psigiater gevoelig vir mense se behoeftes. Hy het dit s gestel: dis 
onaanvaarbaar dat in 'n taal wat wortels in die Nederlandse taalgebied het, mense is wat hul "huistaal" nie kan lees of skryf nie.

Die bestuur van die Huis der Nederlanden het in die uitvoering van hierdie opdrag die samewerking gevra van die Stigting vir Afrikaans, 'n 
gevestigde fasiliteerder en motiveerder van geletterdheidsprojekte.

Verlede jaar in Maart is die eerste kursus vir studieleiers uit die Noord-Kaap onder die vaandel van die HdN en die SvA in die Huis 
aangebied. Dis die eerste kursus van di aard waarvoor die leiers uit hul omgewing na die stad gebring is vir bykomende verryking. Etlike 
lede van die groep was nog nooit voorheen in 'n stad nie. Boonop is hulle in die Huis blootgestel aan Nederlands en die Nederlandse en die 
Vlaamse kultuur. Die verwantskap tussen hul moedertaal en Nederlands is by hulle tuisgebring, en die brug wat op di manier tussen hul 
kontinent en Europa geslaan word.

Dit is dus vanjaar die tweede keer dat Chrissie Jacobs,   die onbaatsugtige, onvermoeide leier van die Upington Geletterdheidsprojek, met 
die Huis der Nederlanden en die Stigting vir Afrikaans saamwerk om 'n opknappings- en motiveringskursus vir studieleiers in 
geletterdheidsonderrig te rel. In die uitvoering van di taak ken die leiers skraal vergoeding, karige geriewe en min belangstelling en 
motivering van buitestanders. Hulle moet van diep binne die toewyding, die deursettingsvermo en deernis put om met hul taak te kan volhou 
en hul leerders die toegespitste moed te gee om uiteindelik die vaardighede van lees en skryf baas te raak.

Die kursusse word deur ervare en erkende onderriggewers aangebied. Verlede jaar was dit Helena Barnard en   Merisa Robbertze   van die 
Universiteit van Pretoria.

Vanjaar was die kursusaanbieder die besielende dr. Agnes Crafford,   wat uit haar groot ervaring veral klem gel het op die moontlikhede 
van 'n studieleier se vrye kreatiwiteit en ongebondenheid aan die beperkte wreld van 'n programhandboek.

Prof. Flip Strydom van die SvA het met sy groot kennis van die bar pad wat   die meeste studieleiers moet stap na welslae met 'n leerder, 
juis geweet waar toewyding en geloof in eie vermons gestut moet word met praktiese lewenswysheid en waardering.

Zirka Ellis,   direkteur van die Huis der Nederlanden, het soos 'n wafferse restaurantbaas haar klein span helpers georganiseer om met die 
hulp van die spysenier Trudi Blok drie etes elke dag van die driedaagse kursus vir die kursusgangers op die tafel te kry in die Klein Saal 
van die Huis. Verlede jaar was di deel van die Huis nog in aanbou. Hier en tussendeur oor 'n koppie koffie kon die klompie, saamgebind 
deur dieselfde belange maar geskei deur lang afstande, ook gesellig met mekaar gedagtes wissel oor probleme en oplossings rakende hul werk. 
Die middelste aand is uitgesonder vir 'n bustog om die Skiereiland en 'n besoek aan die Kaapse Waterfront. Die bus was die goeie gawe van 
die NND, 'n filiaal van Naspers. 'n Kosbare herinnering aan albei kante, Noord-Kaap en Kaapstad, behalwe die werkinsigte wat verwerf en 
motivering wat verskerp is, is die warm raakpunte van mens tot mens. Daarmee saam weerklink nog die eggo van die Noord-Kapenaars se suiwer 
sang wat so spontaan by elke geleentheid opgewel het. Willem Eiman   van Keimoes het die laaste dag 'n rukkie eenkant druk gesit en skryf. 
Voor die afsluiting en oorhandiging van sertifikate het hy sy dankbetuiging oorhandig:
Waarheen nou?

Ons was so moeg en afgemat,
uitgemergel deur 'n lange pad.
Verwagting is toe ver oortref
op Huis der Nederlanden werf.
Ons is gasvry hier ontvang.
Verseker sal ons na jul verlang,
gevoed met liefde uit jul hart
en syfervaardig ook gemaak.
Genspireer met nuwe moed
gaan ons met kreatiwiteit vergoed.
Van Kloofnek deur tot kabelkar
kon ons die liggies ook gewaar.
Verby die see en dit geruik,
gesien die branders en 'n skuit.
Die Skeppingsmag se prag aanskou,
gaan dit vir ewig so onthou.
Hoe kan ons dankie vir jul s
as julle nie die eer wil h?
Siyabonga! Siyabonga!
 Artikel deur Anneke van Niekerk.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av625.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

